11 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld
"Sowat 32 710 het genees van die virus en laat die provinsie met 2 574 aktiewe gevalle."
‘n Totaal van 11 nuwe Korona-virus gevalle was vir die Namakwa-distrik aangemeld.
Die nuwe gevalle is toegewys aan die Hantam plaaslike munisipaliteit (8), Kamiesberg-en-Karoo Hoogland munisipaliteit en Nama Khoi regsgebied een onderskeidelik.
Die Namakwa- distrik se kumulatiewe totaal staan op 4 573, met 3 471 genesings.
Die sterftesyfer bly onveranderd op 63 en dit laat diè distrik met 1 039 aktiewe gevalle.
In die Noord-Kaap is 70 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die minister van gesondheid, Dr. Zweli Mhkize.
Die provinsie se kumulatiewe totaal staan op 36 105.
Die totale kumulatiewe sterftes van die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan tans op 819.
Sowat 32 710 het genees van die virus en laat die provinsie met 2 574 aktiewe gevalle.