85 Jarige Nama Prinses sterf

"Sy was streng volgens die Nama tradisie groot gemaak."

0

Na’n lang siekbed sterf die 85 jarige laaste Nama sprekende moeder, suster en ouma. 

Rebekka Slander de Wet, is op 7 Maart 1936 gebore, op die dorpie Grootderm/Beauvallon en was ge-eer as prinses Zerodas.

Zerodas het behoort aan twee hoofstamme wat bekend staan as die Skoenmakers (ǁharoxan) en die Rooi Nasie (!auxan).

Sy was streng volgens die Nama tradisie groot gemaak en het haar kinders ook streng daarvolgens groot gemaak.

n Deel van haar jongmens lewe het sy in Kuboes gewoon waar sy toe moes afkeid neem van haar ma deur die dood.

Tydens haar ma se siekbed moes Zerodas as jeugdige, self haar moeder versorg.

Sy het toe aan nou oorlede Paul de Wet verloof geraak en die paartjie het in 1954 getrou.

Nadat Rebekka se pa ook gesterf het, het sy blykbaar  oorbeskermend oor haar kinders, kleinkinders asook stiefbroers geraak.

Rebekka word beskryf as ’n trotse Nama vrou wat haarself en haar kinders baie netjies versorg het.

Nama is die taal wat sy vanaf haar moederskoot gepraat en verstaan het.

Volgens haar kinders het sy in haar laaste dae net Nama gepraat, self met mense wat nie die taal verstaan nie.

Nog ’n Nama prinses van Namakwalnd se stem is stil virewig.

Leave A Reply

Your email address will not be published.