85 nuwe Korona-virus gevalle aangemeld vir die Namakwa-distrik

"In die Noord-Kaap is 430 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 64 488."

0

Die ministerie van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 85 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (58), Khâi ma plaaslike munisipaliteit (10), Hantam plaaslike munisipaliteit (8), Richtersveld plaaslike munisipaliteit (6), Kamiesberg plaaslike munisipaliteit (2) en Karoo Hoogland (1).

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 7 770, die sterftesyfer is 77, met 6 878 genesings en diè distrik het 815 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 430 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 64 488.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 622.

Sowat 58 296 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 4 568 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.