90 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

"Die gevalle is toegeken aan Khâi Ma (64), Hantam (17), Nama Khoi regsgebied en Kamiesberg onderskeidelik 3 elk, Karoo Hoogland (2) en Richtersveld (1)."

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 90 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan Khâi Ma (64), Hantam (17), Nama Khoi regsgebied en Kamiesberg onderskeidelik 3 elk, Karoo Hoogland (2) en Richtersveld (1).

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 12 439, die sterftesyfer is 122, met 11 055 genesings en diè distrik het 1 262 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 396 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 85 121.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 2 036.

Sowat 76 443 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 6 640 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.