96 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld

"In die provinsie het Namakwa die meeste Korona-virus gevalle aangemeld."

0

Die Hantam plaaslike munisipaliteit se Kovid-19 gevalle neem steeds toe.

Sowat 77 nuwe gevalle was aangemeld vir diè munsipaliteit gevolg deur Khâi-Ma plaaslike munispalitiet (11) en 4 onderskeidelik vir Richterveld en Kamiesberg plaaslike munisipaliteite.

Dit is ‘n totaal van 96 nuwe Korona-virus gevalle wat vir die Namakwa-distrik aangemeld is.

Die Namakwa- distrik se kumulatiewe totaal staan op 4 428, met 3 391 genesings.

Die sterftesyfer bly onveranderd op 63 en dit laat diè distrik met 974 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 168 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die minister van gesondheid, Dr. Zweli Mhkize in die jongste verslag periode.

Die provinsie se kumulatiewe totaal staan op 35 622.

In die provinsie het Namakwa die meeste Korona-virus gevalle aangemeld.

Geen nuwe KOVID-19 verwante sterftes is vir die provinsie aangemeld nie wat die sterftotaal onveranderd laat op 794.

Sowat 32 173 het genees van die virus en laat die provinsie met 2 653 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.