Aandag nodig vir die agterstand in bestuurslisiensies

0

Upington lisensie kantoor gee blykbaar skoolkinders wat ’n afspraak maak vir hul bestuurderslisensie die koue skouer.

’n DA raadslid, Flip Van der Steen, sê die skoolkinders vra dat die Demkratiese Alliansie in die Noord-Kaap die saak na die LUR van vervoer, Nomandla Bloem, verwys vir ingryping.

“Terwyl mense heeldag in toue staan op hulp by die lisensie kantoor te kry, is die situasie vir leerders nog meer ongemaklik omdat hulle eers ná skool in die toue kan aansluit,” vertel Van der Steen.

’n Amptenaar tel mense aan die voorkant van die ry af om gehelp te word en almal anders word terug huis toe gestuur om die volgende dag weer te probeer.

Hy sê ook die situasie herhaal homself dag na dag, met veral jongmense wat gefrustreerd raak buite mate.

Een jong man, wat dit gewaag het om op te praat, is selfs deur ‘n amptenaar vertel dat “dit nie hul probleem is nie”.

Van der Steen voel dat die situasie onregverdig en onnodig is en dat die situasie nie geduld sal word nie.

“Jongmense is afhanklik daarvan om hul lisensies te kry, nie net vir mobiliteit nie, maar om werk te verseker,” sê Van der Steen.

Die DA sal die ontevredenheid oor die agterstand aanmeld om toegang tot lisensie-aanstellings by LUR Bloem te kry.

Leave A Reply

Your email address will not be published.