Aanlyn aansoeke vir 2022 akademiese jaar kom tot einde

"Die departement is verheug oor die doeltreffendheid van die aanlyn-aansoeke."

0

Aanlyn aansoeke vir die 2022 akademiese jaar vir nuwe toelatings in Noord-Kaapse skole eindig 30 Junie.

Tot dusver het die aanlynaansoek-proses glad verloop.

Altesaam 37 491 suksesvolle aansoeke is tot op datum ontvang sedert die toelatingsseisoen op Junie 01 begin het.

Dit verteenwoordig 19 205 leerders wat aansoek wil doen.

Van hierdie aansoeke verteenwoordig slegs 18 241 aansoeke ‘n werklike aantal van 8 825 nuwe graad 8-leerders wat aansoek doen.

Die departement is bekommerd oor die lae aantal graad 7-leerders wat toelating tot graad 8 in die akademiese jaar 2022 het.

Daarom doen die departement ‘n beroep op alle ouers / voogde wat nie voor die sluitingsdatum van 30 Junie aansoek gedoen het nie, om aansoek te doen.

Die aanlyn-leerdertoelatingstelsel maak voorsiening vir graad 8-aansoeke.

Die graad R en graad 1 het onderskeidelik 13 441 en 5 809 aansoeke aangeteken.

Dit verteenwoordig 7 310 en 3 070 leerders wat aansoek gedoen het.

Die  Frances Baard-distrik het  17 476 aansoeke  tot dusver ontvang  en verteenwoordig 7 772 leerders wat aansoek gedoen het.

Dit word gevolg deur die John Taolo Gaetsewe-distrik met 9 741 aansoeke wat 4 847 leerders verteenwoordig, ZF Mgcawu-distrik is op die derde posisie met 4 803 aansoeke wat ontvang is vir 2 623 leerders en die  Pixley ka Seme-distrik het 3 479 aansoeke vir 2 738 leerders aangeteken, terwyl die  Namakwa-distrik 1 975 aansoeke vir 1 478 leerders ontvang het.

Die departement is verheug oor die doeltreffendheid van die aanlyn-aansoeke.

Die Departement sal mettertyd die volgende fase van die plasing van leerders vir die akademiese jaar 2022 bekend maak.

Leave A Reply

Your email address will not be published.