Aanlyn-toelatingstelsel sal Maandag in werking wees

0

Die Noord-Kaapse departement van onderwys sal op 14 Spetember met die aanlyn-toelatingstelsel vir 2021 begin.

Die aanlyn-toelatingstelsel sal duur tot 30 September 2020.

‘n Woordvoerder vir die departement, Geoffrey Van der Merwe moedig alle ouers en voogde aan om gebruik te maak van die aanlyn toelatingstelsel om spasie te verseker in ‘n openbare skool vir die akademiese jaar 2021.

“Die stelsel word Maandag, 14 September om nege-uur amptelik in werking gestel word.”

Van der Merwe sê die aanlyn toelatingstelsel is gebruikersvriendelik en sal aansoekers stap vir stap deur die aansoek lei.

Gebruikers het toegang tot die webwerf vanaf hul slimfoon, rekenaar of tablet.

Die Noord-Kaap sukkel steeds met die COVID-19-pandemie, en moet daarom voldoen aan die regulasies en riglyne, om verdere transmissie te verminder, sê Geoffrey.

Die departement van onderwys het instapsentrums in elke distrik geïdentifiseer, wat gebruik kan word deur aansoekers wat nie toegang tot ‘n toestel of internetverbinding het nie.

In die verlede het ouers in lang toue by skole gestaan ​​om plek vir hul kinders te kry. Deur die aanlyn-toelatingstelsel in te stel, wil die Departement dit bekamp.

Van der Merwe sê die sukses van die aanlyn toelatingstelsel hang af van die samewerking wat die departement van die publiek ontvang.

Alle aansoeke wat na 30 September ingedien word, sal erken word en aansoekers sal oorweeg word op grond van die beskikbaarheid van ruimte.

Leave A Reply

Your email address will not be published.