Aanlyn-toelatingstelsel vir 2022 skop glad af in Noord-Kaap!

0

Die skole in die Noord-Kaap se aanlyn-toelatingsisteem is van 1 tot 30 Junie 2021 oop en volgens die Departement van Onderwys het dit goed begin.
Gister, 1 Junie het die departement reeds 4825 aansoeke aangeteken.
Ouers, asook wettige voogde word aangemoedig om van die aanlyn-toegangstelsel gebruik te maak om aansoek te doen vir hulle kinders om hulle plek by ‘n gewone publieke skool te beveilig.
Die breë publiek word ook versoek om, indien moontlik, aanlyn aansoek te doen voordat die publiek gebruik maak van die geïdentifiseerde instapsentrums in die verskeie distrikte.
Die toelatingswebwerf is beskikbaar op http://ncdoeadmissions.org vanaf ‘n slimfoon, skootrekenaar of tablet om aanlyn aansoek te doen.
Aansoekers sal stap vir stapgelei word totdat die aansoek voltooi is.
Instap sentrums is in elke distrik geïdentifiseer waarvan ouers wat nie toegang het tot elekroniese toestelle of internetverbindings gebruik kan maak om aansoek te doen vir hulle kinders.
Ouers wat gebruik maak van hierdie sentrums moet Kovid-19 protokolle nakom.
Die volgende toelatingskoördineerders is per distik toegewysom aandag te aan navrae of inligting rakende die aanlyn toelatings:
Frances Baard: Mnr T Daniels – 053-8301600
John Toalo Gaetsewe: Mnr K Masegela – 053-7739626
Namakwa: Mnr T Cardinal – 027-7188735
Pixley Ka Seme: Me L Mdekazi – 053-6329201
ZF Mgcawu: Mnr D de Wee – 054-3376422
Die sukses van die aanlyn-toelatingsstesel hang egter af van die samewerking wat van die publiek ontvang word.

Leave A Reply

Your email address will not be published.