Aardbewing suidoos van Springbok

"Na bewering is geen noemenswaardige skade aangerig nie, maar baie mense het die swak skudding gevoel."

0

’n Aardbewing het vanoggend 01:39 op ’n vlak diepte van 10km onder die episentrum naby Springbok in die Namakwa-distrik getref.

Die Suid-Afrikaanse Raad vir Geowetenskap (CGS) het berig dat die aardbewing ’n sterkte van 4.2 op die richterskaal was en het 42km suidoos van Springbok plaasgevind.

Volgens die raad sal die presiese omvang, episentrum en diepte van die aardbewing sal binne die volgende paar uur hersien word, die data sal ook hersien word en die berekeninge sal verfyn word.

Na bewering is geen noemenswaardige skade aangerig nie, maar baie mense het die swak skudding gevoel.

EJ van As vertel dat hy wakker was met die aardbewing op Kamieskroon.

“Dit het nogal redelik geskud rondom 01:39, vensters het geraas en nog minute na die tyd het ek die gerommel gehoor,” vertel hy.

Hy vertel ook dat dit ’n interessante ervaring vir hom was.

Brunhild Strauss vertel dat hy nog ’n lang geluid gehoor het wat in die verte getrek het.

Shadene Hearn se ervaring was weer heeltemal anders.

Sy het oorsponklik gedink dat dit ’n motor met harde musiek was wat oproerig was in die strate.

Sy het eers vanoggend gehoor dat dit toe ’n aardbewing was.

Foto: CGS
Leave A Reply

Your email address will not be published.