Adjunkminister Gina gaan vandag en môre die Namakwa-distrik besoek

0

Die adjunkminister van handel, nywerheid en mededinging, Nomalungelo Gina, sal die Namakwa-distriksmunisipaliteit vandag en môre besoek, in haar hoedanigheid as die distrikskampioen van Namakwa.

Adjunkminister Gina is deur president Cyril Ramaphosa ontplooi, om die implementering van die Distriksontwikkelingsmodel in die distrik te implimenteer en te koördineer.

Gina sal na verwagting vergesel word deur die Noord-Kaapse LUR vir samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake, Bentley Vass, en die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Abraham Vosloo.

Die doel van die besoek is om met die leierskap van die distriks- en plaaslike munisipaliteite en ander belanghebbendes te ontmoet, asook om die terrein van die voorgestelde Namakwa Spesiale Ekonomiese Sone, wat diè departement in Khai Ma Plaaslike Munisipaliteit gaan vestig, te besoek op Aggeneys.

Daar is baie werk aan die gang, selfs tydens die staat van inperking wat deur die COVID-19-pandemie ingestel is om die Namakwa-distrik se ontwikkelingsprogram te ontwikkel.

 

Die werksvergadering met die distriksleierskap en sy belanghebbendes is deel van die proses wat daarop gemik is om die program af te handel.

Die doel is om te verseker dat daar ‘n vinnige en meetbare implementering is, wat ‘n positiewe uitwerking op die lewens van die inwoners van die distrik sal hê, in ooreenstemming met die doelstellings van die Distriksontwikkelingsmodel.

Namakwa is een van die 44 distrikte regoor die land, waar die Distriksontwikkelinsmodel uitgerol sal word, om dienslewering en ekonomiese ontwikkeling te bespoedig, insluitend werkskepping, vertel Gina.

Sy voeg by dat die Distriksontwikkelingsmodel ontwerp is om die regering se beplanning drasties te verander, ten einde die sistemiese gefragmenteerde dienslewering aan te spreek, uit drie regeringsvlakke.

Die doel is om ‘n nuwe manier van interregeringsbeplanning, asook die opsporing van infrastruktuur ontwikkeling en verwante groot projekte met behulp van die bestaande kapasiteit by distriksmunisipaliteit vlak, provinsiale- en nasionale regering, in ‘n gekoördineerde manier toe te pas.

“Die Distriksontwikkelingsmodel propageer minder raadsaalvergaderings en die implementering van praktiese oplossings vir die sosio-ekonomiese uitdagings, wat gemeenskappe in die gesig staar.”

“Ons verwag dat die vergadering sal lei tot ‘n duidelike aksieprogram wat die uitdagings die hoof sal bied.”

Die uitdagings was deur die munisipaliteit, tydens ‘n vorige vergadering in Julie, geopper.

Dit sluit in die gebrek aan veilige en betroubare water, die kostes van elektrisiteit en water, onvoldoende paaie en ‘n gebrek aan werksgeleenthede.

Daar sal gekyk word na maniere om geleenthede te verken wat die munisipaliteit in minerale veredeling geïdentifiseer het, landbouverwerking, infrastruktuur, ontwikkeling van hernubare energie, en olie en gas, sê Gina.

Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging is in die proses om die Namakwa Spesiale Ekonomiese Sone tot stand te bring, wat reeds beloftes van R26 miljard aan belangstellendes gemaak het, hoewel dit nog nie aangewys is nie.

Die voorgestelde Namakwa Spesiale Ekonomiese Sone sal fokus op die verwerking van minerale, met aandag aan sinkveredeling, landbouverwerking, logistiek en hernubare energie produksie- en ingenieursinsette.

Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging werk in vennootskap met die provinsie om lewensvatbaarheidstudies af te handel, asook ‘n  sakeplan vir die totstandkoming van die Namakwa Spesiale Ekonomiese Sone.

Gina sal op die tweede en laaste dag van haar besoek, die Namakwa Spesiale Ekonomiese Sone besoek en interaksie met belanghebbendes voer.

Leave A Reply

Your email address will not be published.