Afname in Kovid-19 gevalle in die Namakwa-distrik

"Die gevalle is toegeken aan Hantam (42), Khâi Mai (16), Richtersveld (3), Karoo Hoogland en Nama Khoi regsgebied onderskeidelik twee elk en Kamiesberg (1)."

0

Die ministerie van gesondheid het 88 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan Hantam (42), Khâi Mai (16), Richtersveld (3), Karoo Hoogland en Nama Khoi regsgebied onderskeidelik twee elk en Kamiesberg (1)

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 11 850, die sterftesyfer is 117, met 9 530 genesings en diè distrik het 2 203 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 575 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 82 154.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 995.

Sowat 71 788 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 8 369  aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.