AfriForum se Keimoes-tak deel duisende lemoene by skole uit

"’n Plaaslike boer wat graag anoniem wil bly het die lemoene aan die tak geskenk, waarna dit uitgedeel is."

0

AfriForum se Keimoes-tak het oor die afgelope week sowat 2 200 lemoene uitgedeel by vyf skole in die gebied.

’n Plaaslike boer wat graag anoniem wil bly het die lemoene aan die tak geskenk, waarna dit uitgedeel is.

Die lemoene is geskenk aan Hoërskool Keimoes, Primêre Skool Vyebos, Laerskool Soverby, Laerskool Curriescamp en Laerskool Keimoes.

Lemoene is ’n waardevolle bron van vitamien C en versterk die immuunstelsel, wat veral belangrik is met KOVID-19 wat mense se gesondheid bedreig.

“AfriForum se Keimoes-tak moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak en ’n verskil te maak, veral in die moeilike tye waarin ons onsself tans bevind,” sê Meisie Pool, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Keimoes-tak.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.