Agri NK: Nuwe planne vir 2021

0

Die president van Agri Noord-Kaap, Nicol Jansen, het groot vooruitsigte vir volgende jaar.

Die organisasie gaan eerstens fokus op die bemarking en uitbreiding van sy ledetal.

Transformasie-doelwitte in die provinsie; soos watter transformasie-doelwitte reeds van stapel gestuur is en in watter ekonomiese volhoubare toestande hierdie bemagtigingsprojekte is, sal die tweede fokus-area van die organisasie wees.

Jansen sê hulle is aktief besig om ’n struktuur daar te stel, om opkomende boere op ’n makliker manier by die Agri Noord-Kaap struktuur betrokke te kry, sodat die organisasie ook op opkomende boere se vlak van diens kan wees, en dat hulle ook voordele van die organisasie kan benut.

“Die organisasie sal onder meer voorgesette druk op die nasionale Departement van Landbou plaas om droogteramphulpfondse, wat aan die provinsie toegeken is, beskikbaar te stel.”

Hy sê ook dat die organisasie besig is om op nasionale vlak druk toe te pas vir antwoorde, oor hoekom daar nie spoedig uitvoering is in die toekening van fondse vir die Noord-Kaap nie.

Vir hulp op grond-vlak, werk Agri Noord-Kaap saam die African Farmers Association of South-Africa (AFASA).

Jansen bevestig dat nóg druk toegepas word vir die herstelling van die vloedwalle in die Oranje Rivier, wat tans baie kwesbaar is.

“Indien hierdie projek ter waarde van ongeveer R900 miljoen, nie afgehandel word nie, sal dit tot niet gaan,” het Jansen bygevoeg.

Leave A Reply

Your email address will not be published.