Alexanderbaai-vroue sluit #16DaeVanAktivisme af

0

Verskillende rolspelers op Alexanderbaai het hande gevat, en die 16 dae van aktivisme van geen geweld teen vroue en kinders saam afgesluit.

Die betrokke rolspelers was, was die South African Police Vispol, vroue teen misdaad groep, die vroue-netwerk en die department van verdediging.

Hul teikengroep was vroue, wat die geleentheid in wit bygewoon het.

Karen Beresford het ‘n gedigvoorlesing gedoen wat handel oor die “gebroke vrou.”

“Die skrywe van die gedig maak melding van die vrou wat in die huis is en dat haar vlerkie gebreek is, dat sy nie kan vlieg nie en dat sy haar nie meer self kan liefhê nie.”

Beresford het die vroue gemotiveer, wat ten spyte van hul gebrokenheid, steeds moet voluit leef.

Sy het afgelsuit deur te sê dat vroue moet praat oor hul struwelinge en nie stilbly daaroor nie.

Sersant Domingos van die Suid-Afrikaanse Weermag, het die geestelike boodskap vir die dag gebring en sy het die vroue gemotiveer, en gesê dat elke vrou ‘n taak het, hetsy dit is om te leer, of te bemoedig, en dat elkeen het ‘n spesifieke taak by die Here gekry.

“Dit maak nie saak of jy ‘n slagoffer van geslagsgebasseerde geweld is nie, jy moet jou gawe as vrou uitleef.”

Tydens ‘n kerslig sermonie was ‘n stilte tyd handhaaf, vir vorue en kinders wat hul lewens verloor het as gevolg van geslagsgebasseerde geweld.

Die programdirekteur, Thelma Cloete, het die inwoners attend gemaak op die land se verkragtingstatistieke.

Alle vroue was emosioneel geïnspireer nadat die program afgesluit was.

Leave A Reply

Your email address will not be published.