“Alle grappies op ‘n stokkie, bring jou kant!”

0

Nama Khoi is nou die grootste kommerpunt in die Namakwa distrik.

Dit is volgens Dina Beukes, distikhoof van die department van gesondheid.

Beukes het in ‘n onderhoud met NFM gesê dat sy oproepe ontvang het, wat aandui dat mense wat positief getoets het rondbeweeg en kuier.

Beukes het ook amper verklik, dat sy weet van ‘n positief getoetsde persoon, wat op Kersdag lekker op Port Nolloth se strand baljaar het.

“Dit is kommerwekkend dat mense nie die status van Covid-19 ernstig opneem nie”, het Beukes gesê.

Die polisie kan in kennis gestel word, en die wette implimenteer as hulle weet van ‘n positief getoetsde persoon wat in isolasie moet wees, en steeds ongehoorsaam is.

Die departement wil nie enige persoon van hul regte ontneem nie en alle pasiënte se konfidensialiteit te verseker.

Mense moet besef dat as een persoon die virus onder lede het, hy/sy ‘n ander persoon se lewe kan kos, as gevolg van die vinnige verspreiding.

“Persone wat in noue kontak met ‘n positiewe Covid-19 persoon was, moet  in kwarantyn of isolasie wees.

Beukes het beklemtoon dat die gesondheidsdepartement sien dat die Namakwa distrik nie die virus ernstig opneem nie.

“Die sterftesyfer styg by die dag. Die gesondheidswerkers raak moeg en van diè werkers het nog nie vakansie vir die jaar gehad nie. Gemeenskapslede moet weet dat die gesondheidspersoneel moeg is en dat hulle ook mense is.”

Beukes het meegedeel dat sy ‘n sewende persoon – na aan haar – aan Covid-19 verloor het en dat die getalle werklik styg.

Nababeep en Springbok se gevalle het binne die laaste vyf dae, drasties gestyg.

Springbok se aantal positiewe gevalle was teen Maandag, 28 Desember, 21 in getal.

In Hantam en Springbok word daar gesit met ‘n krisis in die gesondheidsfasiliteite.

“Die Covid-sale is oorvol en dit loop nou oor na die siek mense se gedeelte toe”, het Beukes gesê.

Dit beteken as die gemeenskap nie gehoor gee aan die veiligheidsmaatreëls nie, sal siek mense nie meer opgeneem kan word nie.

Wanneer sy verwys na siek mense, is dit daardie persone wat ‘n beroerte gehad het of wat nie by die huis versorg kan word nie.

Covid-19 pasiënte moet suurstof kry om aan die lewe te bly, en die fasiliteite kan die geweldige druk, nie meer hanteer nie.

Beukes doen ‘n beroep op die gemeenskappe in die Nama Khoi regsgebied om Covid-19 asseblief ernstig op te neem.

“Dis nie ‘n grap nie, óók nie ‘n leuen nie, maar ‘n pandemie wat die globale gemeenskap se lewens in gevaar stel.”

Die gemeenskappe moet hulself veilig hou.

Leave A Reply

Your email address will not be published.