Ambulans-ongeluk eis sewe lewens

0

Die Arrive Alive organisasie het ‘n verklaring uitgereik waarin hulle bevestig dat ‘n ambulans en ‘n sedan in ‘n botsing betrokke was op die N14 tussen Kuruman en Kathu.

Die Road Traffic Management Corporation (RTMC) was op die toneel van die gru-ongeluk, waarin sewe mense hul lewens verloor het.

Die insittendes van die sedan het glo skape gesteel en paniekerig geraak toe hulle ‘n ambulans sien aankom.

Die bestuurder van die sedan het probeer om ‘n onwettige U-draai op die pad te doen, wat veroorsaak het dat die ambulans in die voertuig bots.

“Die sewe mense wat in die sedan was, is op die toneel dood verklaar en twee mense van die ambulans is beseer.”

Sewe skaapkarkasse is in die sedan ontdek.

Arrive Alive het gesê dat ‘n saak van strafbare manslag deur die Kathu-polisie ondersoek word.

Die RTMC sal saam met die polisie werk om die ongeluk te ondersoek.

Leave A Reply

Your email address will not be published.