Andrew Louw sê hy sal altyd deel wees van die DA

0

“Hier praat ons reguit met mekaar en hoef nie doekies omte draai nie”, is wat Andrew Louw, provinsiale leier van die DA en lid van die provinsiale wetgewer in die Noord-Kaap gereeld in die media laat hoor.

Louw het op rekord gesê dat hy nie gaan uittree uit die DA nie, maar dat hy hom nie verkiesbaar gaan stel, met die komende provinsiale kongres nie, wat op 5 Desember gaan plaasvind.

Hy sal nie beskikbaar wees vir die leiersposisie nie, maar sal aanbly by die DA.

Louw sal sy parlementêre pligte uitvoer, as ‘n gewone lid van die wetgewer-koukus van diè party.

Hy is nogsteeds die leier van die DA tot 5 Desember, wanneer die nuwe leier by die kongres aangekondig gaan word.

Hy is alreeds besig met beplanning om ‘n ordentlike oorhandiging te doen aan die nuwe leier, wie hy of sy ookal mag wees.

Dis belangrik vir Louw om die nuut verkose leier die nodige ondersteuning te bied, want dit is in die beste belang en die groei van die DA.

Dit was en bly nogsteeds sy voorneme om die DA te sien groei en vorentoe gaan, en om daadwerklik ‘n verskil te maak in die lewens van die mense in die provinsie.

Met vele vertroue in homself, het hy vertel dat alle tekens daarna lei dat hy die komende kongres kan wen.

Louw noem dat die mense na-aan hom het geweet dat hy na die provinsiale verkiesing van volgende jaar sou uittree.

Hy het op verskeie platforms ook bevestig dat dit sy laaste plaaslike verkiesing sou wees.

Vir hom is dit belangrik om die skuiwe te maak omdat hy die party se belange hoër ag as sy eie, sodat hy die nodige ondersteuning aan die nuut verkose provinsiale leier kan bied.

Die party wil dus die nuwe leier die nodige ruimte gee om hom of haar taak uit te kan dra, sonder enige onderbrekings.

Dit maak nie vir hom saak wie die nuwe leier gaan wees nie, maar hy gaan die leier 100% ondersteun en bankvas agter hom of haar staan.

Vir hom is dit belangrik omdat hy 11 jaar in die stryd was en weet wat dit verg.

Hy weet wat die verantwoordelikheid is wat daarmee gepaardgaan en daarom gaan hy sy alles gee om die persoon te ondersteun om suksesvol te wees.

Leave A Reply

Your email address will not be published.