Augrabies-waterval wèèr vanjaar ‘n skouspelagtige affêre!

0

Die onlangse reënval in die meeste gebiede van die Noord-Kaap, het gesorg dat die Augrabies-waterval weer hierdie jaar ‘n skouspelagtige belewenis is.

Die magtige Oranje rivier, wat deur die Augrabies-waterval Nasionale Park loop, het op Vrydag, 15 Januarie, 120 cumec aangeteken by die stroom van 25 km.

Die kommunikasie bestuurder by Aridparks, SanParke, Genevieve Maasdorp, het bevestig dat die vrystelling van water vanuit, die Gariep, Van der Kloof en Bloemhof damme die waterval goed aangevul het.

“Die 800 cumec is vrygestel van die Bloemhofdam, 650 cumec uit die Gariepdam en 100 cumec van Vanderkloofdam.”

Die Bloemhofdam het egter die waterval op Donderdag 14 Januarie bereik, en sodoende gesorg vir die skouspelagtige belewenis.

“Daar word verwag dat die Augrabies-waterval sy welbekende brul-geluid sal afgee, soos die water die volgende paar dae oor die rotsagtige omgewing sal neerstort.”

Die Oranjerivier nader die Augrabies-waterval en verdeel hom in talle kanale, voordat dit oor die 56 meter hoë waterval val.

Die rivier vloei dan voort deur ‘n kloof van 18 km.

Die sig en die geluid van die water soos dit uit die rotsagtige omgewing stort, is waar die natuur-wonder sy naam by die Khoi-mense gekry het; “Aukoerebis” of “plek met groot geraas”.

Om hierdie natuurwonder te ervaar, kan u aanlyn bespreek by www.sanparks.org.

Let daarop dat Sanparke aan streng Covid-19-regulasies voldoen.

Leave A Reply

Your email address will not be published.