Barkley-Wes man kry 17-jaar vir verkragting

Die beskuldigde is op 29 Januarie tot 17-jaar tronkstraf gevonnis.

0

MacDonald Riet is op Vrydag, 29 Januarie in die Barkley-Wes streekhof, tot 17-jaar tronkstraf gevonnis vir verkragting.

Dit kom nadat Riet in September 2020, ‘n 18-jarige vroulike slagoffer drie keer verkrag het.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Mashay Gamieldien het gesê die verkragter het die slagoffer by ‘n winkel aangeval en haar na ‘n plakkershuis gesleep, waar hy haar verkrag het.

 

Luitenant-kolonel Marli Strydom van die Galeshewe-polisie, het sersant Cindy de Jong geprys vir die noukeurige en deeglike ondersoek van die saak, wat gelei het tot die skuldigbevinding en vonnisoplegging.

Leave A Reply

Your email address will not be published.