Bedrieërs gevonnis

"Beide vonnisse sal gelyktydig uitgedien word."

0

Micheal Magoje (56) en Fikile Jacobs Makoti (38) is op Dinsdag 27 Julie 2021 deur die landdroshof in Kimberley skuldig bevind en gevonnis vir bedrog en geldwassery.

Die woordvoerder vir die Valke in die Noord-Kaap, Nomthandazo Mnisi, het bevestig dat Magoje, ‘n voormalige werknemer by die Meester van die Hooggeregshof in Kimberley en sy maker, Makoti, is in Julie 2019 in hegtenis geneem.

In Augustus 2015 het die Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling in Pretoria ‘n klag ontvang oor bedrieglike eise wat by die Meester van die Hooggeregshof se kantoor in Kimberley ingestel is.

Volgens sommige van die rentedraende kaarte is daar geld aan die beskuldigde se rekening betaal wat blykbaar later deur die voogde van die begunstigdes geëis is.

Die departement het ‘n verlies van meer as R850 000 gely.

Die twee beskuldigdes het verskeie kere in die hof verskyn totdat hulle skuldig bevind is en gevonnis is tot ses jaar direkte gevangenisstraf op elf aanklagtes van bedrog en vier jaar direkte gevangenisstraf weens geldwassery.

Beide vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.

Die provinsiale hoof van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke, Generaal-Majoor Kholekile Galawe, het die Ondersoekspan vir Ernstige Kommersiële misdaad geprys omdat hulle onverpoos gewerk het om hierdie groot skuldigbevindings te verseker.

Leave A Reply

Your email address will not be published.