Bejaarde verdagte verskyn in Springbok hof

“'n Operasie is onmiddellik van stapel gestuur en die taxi is ondersoek met sy aankoms by Okiep buite Springbok."

0

Na verwagting het ‘n 60-jarige verdagte vandag in die landdroshof in Springbok verskyn nadat hy na bewering met dwelms handel gedryf het.

Die verdagte is Woensdag 14 Julie 2021 in hegtenis geneem nadat inligting deur die Nababeep-eenheid vir misdaadvoorkoming ontvang is rakende ‘n persoon wat dwelms met ‘n taxi vanuit Kaapstad na Springbok vervoer.

“’n Operasie is onmiddellik van stapel gestuur en die taxi is ondersoek met sy aankoms by Okiep buite Springbok.

Tydens die soektog is beslag gelê op Mandrax-tablette en dagga ter waarde van R49 500”, het Nomthandazo Mnisi, provinsiale polisiewoordvoerder van die Valke gesê.

Die saak is toe oorgedra aan die Valke se ondersoekspan vir ernstige georganiseerde misdaad vir verdere ondersoek.

Leave A Reply

Your email address will not be published.