Beskerm jou besigheid teen rooftogte – SAPD gee raad

“Die SAPD in die Noord-Kaap doen 'n dringende beroep op alle sake-eienaars om die volgende veiligheidswenke en maatreëls te volg om besigheidsrooftogte te voorkom”, het polisiewoordvoerder, Kaptein Sergio Kock gesê.

0

 “Die SAPD in die Noord-Kaap doen ‘n dringende beroep op alle sake-eienaars om die volgende veiligheidswenke en maatreëls te volg om besigheidsrooftogte te voorkom”, het polisiewoordvoerder, Kaptein Sergio Kock gesê.

Hy deel die volgende wenke:

* Wees altyd op die uitkyk vir verdagte kliënte en mense wat in u onderneming ronddwaal.

Tree vinnig op en lig u plaaslike polisie in.

* Vermy om groot bedrae kontant op die sakeperseel aan te te hou en bank meer gereeld,

* Vermy om na -ure te werk en bly binne die werksure

* Vermy om alleen in die besigheid te wees, veral snags, en moenie op die perseel slaap nie.

* Moenie vir iemand oopmaak nadat die onderneming gesluit is nie.

* Probeer altyd om twee of drie te wees waanneer u die besigheid oop maak of te sluit.

*  Installeer waar moontlik kameras en maak seker dat sekuriteitsborde sigbaar is vir kliënte.

*Gebruik ekstra sekuriteitspersoneel vir voldoende veiligheid, veral gedurende die besige periodes van die jaar.

*Wees altyd waaksaam wanneer u met geld werk en gebruik nie dieselfde roetes om daaglikse kontant te betaal nie.

*Lei u personeel op en deel riglynvoorkomings- en reaksieriglyne oor hoe u moet optree voor of tydens besigheidsrooftogte.

ONTHOU: Jou lewe is belangrik, so wees versigtig en bestry misdaad sonder om u veiligheid in gevaar te stel. Wees veilig vandag, leef môre.

Leave A Reply

Your email address will not be published.