Beukes: “Nama-Khoi is nie gevrywaar van COVID-19 nie”

0

Die distrik-hoof van die Departement van Gesondheid in die Namakwa Distrik, het gisteraand tydens ‘n onderhoud met NFM, gesê dat niemand gevrywaar is teen die COVID-19 nie.

Alhoewel daar persone is wat die COVID-19 maatreёls nakom, bly die onkundig inwoners in die gemeenskap, risiko’s vir ander.

Frontlinie-werkers word verál blootgestel aan hoё-risiko gevalle.

Tydens die onderhoud het Beukes alle Namakwalanders bedank, veral diegene wat regtig ernstig is oor die bekamping van die virus.

“Die Nama-Khoi regsgebied bly steeds die brandpunt in die Namakwa-distrik, veral dorpe soos Bersig, Concordia, Okiep, Springbok en Steinkopf.”

Steinkopf het huidiglik agt aktiewe gevalle van COVID-19.

Beukes vertel ook in haar onderhoud, dat die Namakwa-distrik 17 aktiewe gevalle het, wat buite die grense van die Namakwa-distrik getoets is.

Hierdie gevalle is nog nie aangeteken op die rekords van die Namakwa-distrik nie.

Beukes het ook uitgebrei oor die prosedure wat gevolg moet word, wanneer ’n persoon by die huis sterf, na aanleiding ‘n nasionale besluit wat geneem is.

“Die oorledene moet na die naaste gesondheidsfasiliteit geneem word, voor hulle na ’n lyksbesorger gaan. Die liggaam moet eers ’n ondersoek deurgaan, om seker te maak dat dit nie COVID-19 het nie.”

Die laboratorium sal direk met die familie kontak maak en geen begrafnisreёlings mag plaasvind, indien die familie onseker is van die uitslae van die liggaam.

Indien dit ’n COVID-19 verwante begrafnis moet wees, sal die plaaslike owerhede verantwoordelik wees vir die begrafnisreёlings.

Om seker te wees alle COVID-19 maatreёls word nagekom, sal die plaaslike polisie ook die begrafnis bywoon.

Beukes laat weet ook dat dienste gehou mag word, indien dit onder die nodige COVID-19 maatreёls behartig word.

Leave A Reply

Your email address will not be published.