Bewusmaking oor 16 dae van Aktivisme by Okiep Laerskool

"Hulle is explorers en wil alles weet en ouers moet dus waaksaam wees en moet hul kinders leer om hulleself te kan beskerm. "

0

Die Suid Afrikaanse Polisiediens op Nababeep, Gemeenskapspoliiesforum (GPF) en Kopskyf op Radio Nfm het vandag die 16 dae van Aktivisme van geen geweld teen vroue en kinders afgeskop by Laerskool Okiep.

By die skool was die Graad 5 en 6 leerders toegespreek.

Die rolspelers het die skoolkinders met ‘n opvoering verras wat gefokus het op boelie in skole en wat seksuele misdrywe uit gebeeld het.

Nababeep SAPD en die GPF wil Okiep Laerskool se hoof Mnr. P. Saal en Adjunkhoof Mnr Mathabili en die onderwysers bedank dat hul tydens die besige eksamen die tyd afgestaan het om kinders se belange en regte eerste stel soos wat hulle dit op ‘n gereelde basis doen.

Gloria Koopman van die Nababeep GPF het met Radio Nfm Nuus gesels oor die besoek wat hul vandag by die skool afgelê het.

Sy het genoem dat daar ‘n groot verskil is tussen die wêreld daarbuite en die van jou ouerhuis.

“In jou ouerhuis sal jy altyd beskermd voel, wat 90% van die veiligheid teenwoordig. Die ander 10% hang in die lug, want jy weet nooit wie by jou huis gaan kom kuier en wat dan daar gaan gebeur nie. Selfs vir wie jy kan vertrou.”

Sy vertel verder dat dit aangenaam was om met die kinders te kon praat en te kon sien hoe aandagtig hulle geluister het.

Dit is uiteindelik inligting wat hulle jaar na jaar ontvang.

Dit is dus ‘n bewys dat die kinders omgee vir hulleself en dat hulle nuuskierig is en dat kinders uiteindelik baie nuuskierig is.

Hulle is explorers en wil alles weet en ouers moet dus waaksaam wees en moet hul kinders leer om hulleself te kan beskerm.

Leave A Reply

Your email address will not be published.