Biddag gehou in die ZF Mgcawu-distrik

“Die godsdiensleiers van verskillende kerke was betrokke by 'n ketting van gebed vir 'n veilige en vreedsame plaaslike  verkiesing,” het Adjudant-Offisier Masegela

0

Lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die ZF Mgcawu-distrik het die inisiatief geneem om op Woensdag, 27 Oktober 2021 ’n polisiebiddag in samewerking met die godsdiensleiers aan te bied.

Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, adjudant offisier, Omphile Masegela, het besvestig dat die sessie in Paballelo gehou was waar al die aanwesiges deelgeneem het aan ‘n staptog saam met die jeug van die plaaslike VGK kerk.

“Die godsdiensleiers van verskillende kerke was betrokke by ‘n ketting van gebed vir ‘n veilige en vreedsame plaaslike verkiesing,” het Adjudant-Offisier Masegela.

Die waarnemende stasiebevelvoerder van Upington, Kolonel Gert Jobs, het die gemeenskap namens die bestuur toegespreek.

Hy het die sinergie tussen die SAPD en ander organisasies in die gemeenskap waardeer, wat saamwerk om ‘n misdaadvrye omgewing te bou.

Leave A Reply

Your email address will not be published.