Blinde verkragtingslagoffer kry ‘n rolstoel om lewenskwaliteit te verbeter

"Die doel daarvan is om haar mobiliteit en lewensomstandighede te verbeter, veral wanneer sy die plaaslike kliniek vir mediese behandeling moet besoek."

0

Donderdag 3 November 2021, het die provinsiale hoof van die FCS-eenhede in die Noord-Kaap, Brig Nicky Mills ‘n vroeë Kersgeskenk aan ‘n bejaarde ouma oorhandig wat in Junie 2020 in Siyathemba in Kathu verkrag is.

Kolonel Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap het bevestig dat ‘n rolstoel  onlangs deur Chara’s Cares-liefdadigheidsorganisasie aan die 78-jarige blinde ouma geskenk is.

Die doel daarvan is om haar mobiliteit en lewensomstandighede te verbeter, veral wanneer sy die plaaslike kliniek vir mediese behandeling moet besoek.

“’n 31-jarige man is in hegtenis geneem vir die verkragting en is tans in aanhouding. Brig Mills, vergesel deur die ondersoekbeampte, D/Sgt Boikanyo Pilane het die huis van die blinde slagoffer wat by familie woon, besoek om die rolstoel te oorhandig,” het Kolonel Gamieldien gesê.

Die emosionele ouma het vir die lede gebid en hulle ook geloof vir die vrygewige en waardevolle geskenk wat haar sal toelaat om makliker rond te beweeg.

Brig. Mills het verklaar dat hoewel hierdie vriendelike gebaar die kwaliteit van die slagoffer se lewenstoestand sal verbeter, die letsels van die gruwelike aanval vir altyd deur haar onthou sal word.

Kolonel Gamieldien het gesê dat hy het ook in die afwesigheid van Chara’s Cares sy opregte dankbaarheid en waardering uitgespreek vir hierdie edele en ruim skenking wat deur die liefdadigheidsorganisasie gemaak is.

Leave A Reply

Your email address will not be published.