Boere in Noord-Kaap hoopvol na goeie reëns

0
Die noord- en oostelike dele van die Noord-Kaap het onlangs baie goeie reëns gekry, wat beteken die gebiede wat nog nie reën gekry het nie, raak minder.

Die president van Agri Noord-Kaap, Nicol Jansen het gesê dat Poffadder, in die Namakwaland-omgewing  egter nog nie reën ontvang het nie, maar boere in die gebied bly steeds hoopvol.

Jansen het die Noord-Kaapse reënstatistieke, volgens mm reën rer area bekendgemaak:

  • Hotazel – 25mm tot 30mm
  • Kuruman – 55mm
  • Kathu – 55mm
  • Daniëlskuil – 55mm
  • Griekwastad – 30mm
  • Niekerkshoop – 100mm
  • Prieska – 50mm
  • De Aar – 25mm
  • Williston – 25mm tot 60mm

Jansen het bygevoeg dat die Niekerkshoop-omgewing redelik baie reën ontvang het, wat gepaard gegaan het met hael en wind.

“As daar gekyk word na reënval in die Kalahari, het Van Zylsrus ook bietjie reën gekry.”

Jansen sê dat hulle baie dankbaar is dat reënval in meeste omgewings voorgekom het, “maar Calvinia, die sentrale Brandvlei-gedeeltes, Namakwaland en die Boesmanland, op na Poffadder toe, is nog oorgeslaan.”

Boere in die droogtegeteisterde provinsie hoop steeds vir spoedige opvolgreën, sodat boere goeie weidingsveld vir hulle diere kan hê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.