Bothitong-verkragter ontvang 20 jaar tronkstraf

0

Tshepo Thabang Manyeke (31), is op 28 Augustus, 20 jaar tronkstraf gevonnis, vir die verkragting van ’n minderjarige.

Die verkragter het op 11 Januarie 2015, omstreeks 04:00 by die slagoffer se venster ingesluip, haar met ’n mes gedreig en toe verkrag.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Mashay Gamieldien het bevestig dat die slagoffer 15-jaar oud was, toe die voorval plaasgevind het.

“Die polisie kon Manyeke drie dae na die voorval suksesvol in hegtenis neem.”

Die beskuldigde is egter tydens sy vorige hofverskyning R1000 borgtog toegestaan.

Tshepo Manyeke se naam is in die seksuele misdryweregister opgeneem.

Leave A Reply

Your email address will not be published.