Brand by Lodge eis die lewe van een persoon

"Polisiewoordevoerder in die Noord-Kaap, Kaptein Sergio Kock, het bevestig dat die eienaars, werkers en lede van die gemeenskap daarin geslaag om die brand te blus. "

0

‘n Ondersoek is van stapel gestuur nadat ‘n persoon in ‘n brand omgekom het.

Die polisie in Delportshoop ondersoek ‘n brand wat na bewering omstreeks 01:00 op 11 September 2021 by die Borrelskop Lodge naby Delportshoop ontstaan het.

Polisiewoordevoerder in die Noord-Kaap, Kaptein Sergio Kock, het bevestig dat die eienaars, werkers en lede van die gemeenskap daarin geslaag om die brand te blus.

Ongelukkig het ‘n 36 -jarige werknemer sy lewe verloor terwyl hy probeer het om die brand te blus.

Die oorledene se lyk is later in die puin van die brand ontdek en geïdentifiseer as Ivan Lebentlele.

“Die polisie versoek dat enigiemand met inligting sersant George Mosime moet skakel by 0824484850. Die oorsaak van die brand word ondersoek,” het Kock gesê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.