Brandgevaarstoestande in Noord-Kaap verwag

0

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het in ‘n amptelike verklaring, ‘n brandwaarskuwing vir die Noord-Kaap en die Vrystaat uitgereik.

Die verklaring lui dat daar buitengewoon, hoë brandgevaarstoestande oor die sentrale en oostelike dele van die Noord-Kaap, sowel as die westelike dele van die Vrystaat verwag word.

Algehele mooiweerstoestande word vir die Noord-Kaap voorspel, winderig en warm in die meeste gebiede.

In die westelike dele van die provinsie sal dit bewolk en koel langs die kusgebiede wees, en die wind langs die kus sal matig, suid tot suidoos waai.

Leave A Reply

Your email address will not be published.