Bruin sprinkane wek kommer in dele van die Noord-Kaap

"Zandisile Luphahla, woordvoerder van die departement, sê die swerm-uitbrekings is te wyte aan die verandering in weerpatrone wat gelei het tot verhoogde reënval in die droogte geteisterde gebiede in die provinsie."

0

Die departement van landbou in die Noord-Kaap sê ’n uitbreking van bruinsprinkane is in die ZF Mgcawu- en die Pixley ka Keme-streke aangemeld.

Zandisile Luphahla, woordvoerder van die departement, sê die swerm-uitbrekings is te wyte aan die verandering in weerpatrone wat gelei het tot verhoogde reënval in die droogte geteisterde gebiede in die provinsie.

Die departement het saam met sprinkaanplaagbeheerbeamptes, sowel as grondeienaars, reeds pogings begin om bruinsprinkaanswerms te beheer.

Luphahla doen ‘n beroep op die publiek dat hulle dadelik die departement moet in kennis stel sodra hulle swerms sien.

Agri-SA is bekommerd dat die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) se nuwe prysbepalingsmetodologie ‘n verwoestende uitwerking op boere sal hê.

Dit volg nadat Nersa gesê het dat sy Elektrisiteitsafdeling ‘n proses begin om die elektrisiteitsbedryf se prysbepalingsbenadering te hersien.

Nersa sê hierdie hersiening word veroorsaak deur die huidige krisis in die elektrisiteitsbedryf en veranderinge wat in die elektrisiteitsbedryf plaasvind, insluitend onstabiele pryse, die ontbondeling van Eskom en die verhoging in registrasiedrempels, onder meer.

Volgens Janine Ryan, besturende redakteur van Farmer’s Weekly, as Nersa se planne in werking gestel word, kan dit lei tot ‘n energieprysverhoging tot 25% en 30% vir boere.

Nersa se voorgestelde planne is nog oop vir openbare kommentaar.

Vrystaat Landbou het op Vrydag 5 November Nersa se openbare verhoor bywoon met die doel om vrae te vra oor hoe Eskom toegelaat word om onbekostigbare elektrisiteitstariewe vas te stel.

Dit kom te midde van kommer dat die meerjarige prysmetodologie op 31 Maart 2022 sal eindig, wat beteken dat ‘n nuwe of hersiene metodologie daarna vereis word.

Die organisasie sê die landbou gebruik slegs 2,8% van die totale energiemengsel wat deur Eskom geproduseer word, maar was die een sektor wie se energieverbruik die meeste toegeneem het. Van 2012 tot 2021 het landbou-energieverbruik met 6,4% toegeneem, residensiële gebruikers met 4,6% en kommersiële gebruikers met 4,1%.

 

BRON: OFM NUUS

Leave A Reply

Your email address will not be published.