Buitelander agter tralies, danksy Valke Ondersoek

"Hy sal  effektief 5jaar effektiewe gevangenisstraf uitdien sonder die opsie van ‘n boete."

0

‘n Buitelandse burger is op 11 Mei in die Mothibistad landdroshof skuldig bevind en gevonnis.

Maguve Mapuvire (30), ‘n Zimbabwiese burger het skuld beken op  klagtes van bedrog en die oortreding van die immigrasiewet 13 van 2002.

Volgens Nomthandazo Mnisi, ‘n  woordvoerder vir die Valke het die ondersoekspan van diè elite eenheid in die SAPD se ernstige handelsmisdaad inligting ontvang  dat Mapuvire Suid-Afrikaanse bestuurderslisensies, tydelike permitte vir assielsoekers en paspoorte vervaardig, uitgereik en verkoop het.

Skuiltransaksies wat daarop gemik was om getuienis in te win, is met die beskuldigde uitgevoer en hy is daarna in November 2019 in hegtenis geneem.

Luidens hofstukke het die beskuldigde bedrae van R1000 tot R2500 gevra vir hierdie vervalste dokumente.

Mapuvire is tot 8 jaar effektiewe gevangenisstraf gevonnis waarvan 3 jaar opgeskort is 5jaar.

Hy sal  effektief 5jaar effektiewe gevangenisstraf uitdien sonder die opsie van ‘n boete.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.