Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Buitelander geboei vir dwelmhandel
Illustrasie Foto: Bill Oxford op Unsplash.

‘n 44-Jarige buitelander is oor die naweek op Kuruman, in hegtenis geneem vir die handel in dwelms.

Die polisie het inigting ontvang oor dagga wat by ‘n plaaslike taverne verkwansel word.

Die polisie, met behulp van die Kimberley honde-eenheid het die plaaslike taverne in Voortrekkerstraat, omstreeks 08:55 gaan deursoek.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Mashay Gamieldien, bevestig dat die polisie tydens die klopjag dagga in ‘n klank-kas, op die perseel gevind.

“Die dagga het ‘n beraamde straatwaarde van R188 890.”

Die polisie het die dagga, asook R1 386.90 in kontant gekonfiskeer en die verdagte geboei.

Die verdagte sal binnekort in die Kuruman-landdroshof verskyn op ‘n klagte van dwelmhandel.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!
Live Updates COVID-19 CASES