Byna 70 nuwe Covid-19 gevalle in Nama Khoi bevestig

0

In die jongste verslagtydperk van 24-uur, het die Ministerie van gesondheid aangekondig dat 109 nuwe Covid-19 gevalle in die Namakwa-distrik aangemeld is.

Die 109 nuwe gevalle was geallokeer vir die Hantam-distrik (15), Richtersveld (5), Kamiesberg (14), Khai ma (6).

“Die Nama Khoi regsgebied kraai egter koning met bevestigde Covid-19 gevalle, nadat 69 nuwe gevalle gister bevestig was.”

Die totale Covid-19 gevalle vir die Nama Khoi regsgebied is 1 106, maar 437 persone het alreeds van Covid-19 herstel.

11 Sterftes is tot op hede bevestig.

Dit laat die regsgebied met ‘n totaal van 685 aktiewe gevalle van Covid-19.

Die Namakwa distrik het tot op hede 1 742 gevalle van die virus bevestig, en 687 genesings.

14 Persone het hul stryd teen die virus verloor, wat diè distrik laat met 1 041 aktiewe Covid-19 gevalle.

Die Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize, het ‘n bykomende 348 mense aangekondig wat positief getoets het vir COVID-19 in die Noord-Kaap.

Dit bring die kumulatiewe totaal op 26 701 bevestigde gevalle te staan.

Mkhize sê dat dit ‘n skerp toename is in daaglikse bevestigde gevalle.

“Die laaste keer dat die provinsie meer as 300 gevalle op ‘n dag aangemeld het, was op 4 Oktober 2020.”

Die Noord-Kaap se Covid-19 dodetal het instussen gestyg tot 421.

23 441 Persone in die provinsie het Covid-19 geklop.

Leave A Reply

Your email address will not be published.