Calvinia: Nog ‘n selfmoord

"Jongmense word versoek met iemand te praat wat hulle kan vertrou."

0

Nog ‘n selfmoord op Calvinia en een te veel.

Inwoners op die dorp het nog nie oor die selfdood van Janayda Swartz, ’n oud-leerder van Laerskool Calvinia gekom nie.

Kort daarna het hul te hore gekom Christal Solomons wat die Maandag haar eie lewe geneem het deur haarself op te hang.

Swartz was  ‘n graad 8 leerder by Hoërskool Upington en was net 14 jaar oud.

“Honderde begrafnisgangers het haar begrafnis bygewoon ,” het Donnowin Ruiters, ’n inwoner van Calvinia gesê.

Solomon was net 24 jaar oud.

Beide oorledenes se lewens het voor hulle uitgestrek gelê.

Selfmoord lei tot baie onbeantwoorde vrae by diegene wat agter bly om die verlies te verwerk.

Familielede van Solomons is steeds verslae oor haar ontydige heengaan.

Sy het laas aan hulle gesê dat sy gaan winkel toe gaan, maar het nooit weer terug gekom nie.

Familielede van haar vertel dat die bure se dogtertjie Solomons gesien hang en alarm gemaak het.

Die toneel waar sy haarself opgehang het is afgeskort deur die polisie.

Die stoel was steeds op die grond wat sy gebruik het die balk is gebreek waarop die tou vasgemaak was.

Volgens haar familie was sy ‘n baie stil persoon en het ook nie ‘n kêrel gehad nie.

Geen brief was agtergelaat of enige leidrade om haar skielike heengaan te verklaar nie.

Op Calvinia is nou net trane en begrafnisse as gevolg van die jong lewens a.g.v selfmoord.

Jongmense word versoek met iemand te praat wat hulle kan vertrou.

Leave A Reply

Your email address will not be published.