Calvinia: Selfmoorde ruk Hantam-gemeenskap

"Soos die engelse gesegde lui ‘Gone to Soon’. "

0

‘n Paar weke gelede het die Noordwester, die plaaslike koerant in die Hantam-streek, berig oor selfmoorde in Calvinia.

Die selfdood van die 13 jarige Gaillen Joseph, ‘n graad 7 leerder van Hantam Laerskool, het die dorp geruk.

Daar word beweer dat Joseph haar eie lewe geneem het omdat sy nie oor die dood van haar niggie, die 14 jarige Janayda Swartz kon kom nie, want ook selfmoord gepleeg het.

Die verlange na haar niggie was net een te veel vir die ontslape Joseph.

Na bewering het Joseph se pa op haar liggaam afgekom in haar kamer.

Haar ouers is plat geslaan en die gemeenskap is stukkend en voel die seer van hierdie familie.

“Haar klasmaats moes Donderdag huistoe gestuur word nadat hulle te getraumatiseerd was na die onverklaarbare heengaan van hul skoolmaat. Die skoolbestuur sal toesien dat die leerders die nodige berading ontvang deur gebruik te maak van die skoolsielkundige asook department vir maatskaplike ontwikkeling,” het Donnowin Ruiters  van Calvinia aan Radio Nfm se nuusspan gesê.

Onlangs was daar ‘n gebedsessie op die dorp gehou vir hierdie euwel wat sy kop op die dorp kom uitsteek het onder die tieners en waarmee hulle worstel.

Selfmoord het die afgelope tyd onder tieners in Suid-Afrika toegeneem.

“Selfmoord onder veral tieners is ‘n probleem in Calvinia en sal op ‘n manier moet aangespreek word,” sê Ruiters.

In die gemeenskap is baie wat opgelei is om hulp te verleen.

Radio NFM sal ook kundiges inspan om oor die radiogowle met veral jongmense te gesels.

“Selfmoord is een te veel. Baie sien dit as ‘n oplossing om weg te kom van hulle probleme, maar los soveel seer agter. Mense wil graag praat, maar vertoue in mense is nie altyd daar nie”, sê  Ruiters.

“Die ontslape tiener word op Facebook beskryf as ‘n pragtige mens van binne en buite en dat sy altyd mense opgekikker het met haar sê-goedjies,” het Ruiters afgesluit.

 Soos die engelse gesegde lui ‘Gone to Soon’.

Leave A Reply

Your email address will not be published.