‘Cansa Telethon’ ter viering van Kansa se 90ste verjaardag

"Die doel van die Telethon is om ‘n massiewe R729 000 in te samel om kanker in Suid-Afrika te beveg met die hulp van 9 beïnvloeders in 9 provinsies in de 9de maand."

0

Kanker Suid-Afrika (KANSA) vier op 9 September hul 90ste verjaardag met die Cansa Telethon.

Die doel van die Telethon is om ‘n massiewe R729 000 in te samel om kanker in Suid-Afrika te beveg met die hulp van 9 beïnvloeders in 9 provinsies in de 9de maand.

Elke provinsie moet R 9000 insamel.

Luisteraars word uitgenooi om deel uit te maak vir die landswye fondsinsamelinsprojek.

Suster Geraldine Farmer van die plaaslike Kansa-kantoor sal vir die dag gereeld by die programme op Nfm inloer om u aan te moedig om u harte en  beursies oop te maak om u bydrae te lewer om van die projek ‘n sukses in Namakwa te maak.

Dit het vanoggend om 9uur begin en eindig vanand om 9uur.

KANSA maak staat op inkomste uit sy geldinsamelingsgeleenthede en projekte om die versorging en ondersteuning wat dit bied aan diegene wat deur kanker geraak word, te handhaaf.

KANSA gebruik diensverskaffers van derde partye om fondsinsamelingsaktiwiteite moontlik te maak.

Hierdie derde partye sal persoonlike inligting namens KANSA versamel.

KANSA voldoen aan die  POPIA-wet en hul sal persoonlike inligting aan niemand anders verskaf nie, tensy u toestemming verleen of een van die volgende uitsonderings geld:

U sou redelikerwys van ons verwag om die inligting daarvoor te gebruik;

Die inligting word slegs vir historiese, statistieke of navorsingsdoeleindes gebruik en word nie in ‘n identifiseerbare vorm gepubliseer nie.

Leave A Reply

Your email address will not be published.