Carnarvon: Pa verkrag eie dogter

"Terwyl sy slaap, het haar pa weer probeer om haar te verkrag, maar die broer van die slagoffer het ingegryp."

0

Die provinsiale hoof van die eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming  en Seksuele Misdrywe (FCS) in die Noord -Kaap, Brigadier Nicky Mills, verwelkom die 8 jaar tronkstraf wat opgelê is aan ‘n 42 -jarige man wat probeer het om sy destydse  biologiese dogter in Februarie 2019 by hul huis in Carnarvon te verkrag.

‘n Polisiewoorvoerder in die Noord-Kaap,  Kolonel Mashay Gamieldien, het bevestig dat die pa sy dogter by verskeie geleenthede gedreig het gedurende Februarie 2019 by hul huis waar hy haar seksueel mishandel het.

Hy het haar ook gedreig om dit geheim te hou en niemand in kennis te stel nie.

Die aand van 22 Februarie 2019 het die slagoffer ‘n bed op die vloer gemaak ,terwyl haar broer op die bed geslaap het.

Terwyl sy slaap, het haar pa weer probeer om haar te verkrag, maar die broer van die slagoffer het ingegryp.

Hy het die voorval by die slagoffer gaan aanmeld en die beskuldigde is dieselfde aand in hegtenis geneem.

“Die beskuldigde het in aanhouding gebly tot hy op 11 Augustus 2021 in die streekhof in Carnarvon tot 8 jaar effektiewe tronkstraf opgelê was vir poging tot verkragting. Sy naam sal ook  in die Nasionale register vir seksuele oortreders  opgeteken word”, het Gamieldien gesê.

Brig. Mills het die ondersoekbeampte, konstabel Leevirne Raaf van die Carnarvon FCS-eenheid, geloof vir die noukeurige ondersoek van die saak en ook die aanklaer, mnr Van Wyk, bedank vir sy bydrae om die uitspraak te verseker.

Hierdie vonnis stuur ‘n sterk boodskap uit dat slagoffers van seksuele misdrywe geregtigheid sal kry.

Leave A Reply

Your email address will not be published.