Chemiese stoor op Gamsberg-myn in brand verwoes

"Geen beserings is aangemeld nie, en ons kon die brand betyds blus."

0

‘n Chemiese stoor op Gamsberg-myn, tussen Aggeneys en Pella in die Noord-Kaap het Sondagaand omstreeks 19H00 afgebrand.

“Die myn se brand- en reddingspanne kon die brand ‘n uur later, om 20H00 blus.”

‘n Woordvoerder vir die myn, Christo Witbooi het in ‘n amptelike medieverklaring bevestig dat die chemiese stoor erg beskadig was.

“Geen beserings is aangemeld nie, en ons kon die brand betyds blus.”

Gamsberg-myn het onlangs sy mynbedrywighede hervat, nadat dit weens ‘n grondstorting verlede jaar opgeskort was.

Tien mynwerkers was aanvanklik in die grondstorting vasgekeer.

Agt van die werkers is vanuit die puin gered terwyl die liggaam van een werker gevind is.

Die liggaam van een oorblywende myner word steeds gesoek.

Leave A Reply

Your email address will not be published.