Christopher Jacobs gekroon as Meneer Prime Suid-Afrika!

0

Tydens ‘n glansgeleentheid in die Noord-Wes provinsie, by die Mmabatho Palms Resort Hotel in Mahikeng, is Christopher Jacobs, van Bergsig gekroon as Meneer Prime Suid Afrika 2020.

Die sesde Mr. Prime SA kompetisie het verlede Vrydag en Saterdag plaasgevind, na verskeie uitdagings en stemprosesse met die publiek.

Hiermee wil die NFM familie tesame met sy luisteraars vir Christopher gelukwens met die uitmuntende prestasie, en ook sterkte toewens met sy jaar as Meneer Prime.

Foto: Verskaf

Jacobs was en is nog altyd ‘n bate en positiewe toevoeging tot die Namakwalandse gemeenskap.

“Met sy deernis, vriendelike glimlag en toewyding tot die verbetering van sy gemeenskap, kon die beoordeelaars nie ‘n beter keuse gemaak het nie.”

Jacobs het ‘n stemnota aan NFM Nuus gestuur…

Leave A Reply

Your email address will not be published.