Coetzee opgewonde om Radio Nfm te help

"Sy was vandag besig met haar blik in Springbok om haar kant te bring."

0

Die blikskut fondsinsamelingsprojek van Radio Nfm 98.1, het vele harte in en rondom Namakwaland se warm vir hul gemeenskaps radiostasie.

Nfm luisteraars het hul hande diep in hul beursies gesteek om seker te maak hul radiostasie nog vir jare op die lug gaan bly.

Lydia Coetzee, ambassadeur van Radio Nfm en woonagtig in Aggeneys het vanoggend haar blik by Nfm afgehaal om deel uit te maak van die Blikskut fondsinsameling projek.

Sy gee onderwys by die Primêre skool in Aggeneys en is lief daarvoor om uit te reik.

Sy was vandag besig met haar blik in Springbok om haar kant te bring.

Coetzee het met haar inskrywing op sosiale media geskryf; “So pas my ‘Skudblik’ ontvang van Radio Nfm.

Wees deel van die projek, deur ‘n ‘geldjie’ (sagte kontant) in die blik te gooi.

Ek weet Ek kan op my gemeenskap staatmaak, om ons Plaaslike Radiostasie te ondersteun.”

 

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.