Concordia-gemeenskap vind baat by sateliet-polisiestasie

0

Shane Erasmus, ‘n gemeenskapsaktivis woonagtig op Concordia het sy allerbes probeer om ‘n satelliet-polisiestasie op die been te bring.

Die gemeenskap van Concordia voel dat hulle ‘n reg het tot ‘n polisiestasie.

Misdaad op die dorp is aan die toeneem en polisiedienste is te vêr vir die hantering van klagtes en navrae.

Die Nababeep-polisiestasie dien tans die dorp.

‘n Raadslid nvan Concordia, Eddie Van den Heever, het met NFM gesels oor die vordering van die satelliet-polisiestasie.

Volgens Van den Heever is die ideaal vir ‘n volwaardige polisietasie en hulle weet dat dit baie lank sal neem.

‘n Finansiële tekort dra ook by tot die feit dat só ‘n polisiestasie nie oornag sal gebeur nie.

“Daar is ‘n groot behoefte vir ‘n polisietasie op Concordia en misdaad is besig om toe te neem in die Namakwa-distrik, as gevolg van drank- en dwelmsmisbruik wat lei tot ander misdade.”

“Die dorp se senior burgers voel onveilig en getraumatiseer.”

In die tussentyd is daar behoorlike polisïering nodig, om misdaad te bekamp en te beveg op Concordia, en die interim sal ‘n satelliet polisiestasie wees.

Op 26 November het ‘n taakspan Concordia besoek, nadat ‘n vergadering vooraf plaasgevind het op Springbok.

Diè taakspan het die gebou gaan inspekteer wat moontlik gebruik kan word, en het Concordia verlaat met al die nodige verslae wat hulle voor gaan lê.

Van den Heever voeg by dat hulle hopenlik vroeg in die nuwe jaar sal kan bevestig of die satelietstasie goedgekeur is.

Die gebou is die ou raadskantoor, net langs die huidige dienspunt, wat geïdentifiseer is as die polisiestasie.

Van den Heever maak melding daarvan dat hy in kontak was met die munisipale bestuur en Kolonel Bouwers, wat tot gevolg gehad het dat daar  nie ‘n probleem sal wees, om die gebou te kan bekom nie.

Van den Heever het sy dankbaarheid teenoor Kolonel Bowers uitgespreek, nadat daar alreeds ‘n satellietstasie beman word, alhoewel dit net vanaf Maandag tot Vrydag tussen en 08:00 en 16:00 oop is.

“Dis ‘n begin, maar daar is soveel dinge wat nodig is; soos die sertifisering van dokumente.”

“Baie inwoners kan dit nie beskostig om met openbare vervoer, tussen Nababeep en Concordia te reis nie.”

“Die minderbevoorregte persoon sal baat vind by die satellietstasie.”

Misdade en gevalle wat op Concordia oor naweke plaasvind, word steeds deur die Nababeep-polisie hanteer.

Leave A Reply

Your email address will not be published.