Concordia-man dood na hy in gesig geskiet is
‘n Noodlottige skietvoorval het die plaaslike gemeenskap van Concordia, en omliggende dorpe, op Sondag, 15 November diep geskok.
Verskeie kerke en geestelike dienominasies was soos oudergewoonte besig met eredienste toe ‘n harde skoot, ‘n 49-jarige man se lewe in noodlottige gevaar plaas.
Dit kom nadat ‘n 66-jarige man, ‘n 49-jarige man met ‘n pistool in die gesig geskiet het.
‘n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Sergio Kock, het die insident bevestig bevestig en gesê dat ‘n 66-jarige man intussen vir die misdryf in hegtenis geneem is.
“Die insident het in die dorparea plaasgevind en die slagoffer is gevolglik na die Springbok-hospitaal gehaas.”
Kock sê die slagoffer het kort daarna aan die skietwond beswyk.