Sateliet-polisiestasie op Concordia beloof veiligheid vir gemeenskap

0

Die Concordia-gemeenskap is in hul noppies nadat die Suid Afrikaanse Polisiediens (SAPD), ag geslaan het op ‘n gemeenskaplike noodkreet.

Verskeie belanghebbendes en die plaaslike polisie was gister op die dorp, om ‘n sateliet polisiestasie op die been te bring.

Die gemeenskap van Concordia het vele maande gelede ‘n petisie onderteken, wat versoek dat die polisie se dienste, meer sigbaar op die dorp sal wees.

In ‘n poging om hul eie polisiestasie te eis, het die SAPD ten gunste gereaggeer met ‘n satelietstasie, wat daargestel is om misdaad te bekamp en die kwesbaarstes in die gemeenskap te beskerm.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Bowers, het bevestig dat die sateliet polisiestasie op Concordia amptelik op Donderdag, 27 November om 08:00 sal open.

“Die satelietstasie sal Maandae tot Vrydae, vanaf 08:00 tot 15:00 in werking wees.”

Hierdie stasie is opgerig by Concordia se dienspunt, waar polisie-bedrywighede reeds in die verlede plaasgevind het.

Foto: Verskaf
Leave A Reply

Your email address will not be published.