Covid-19 begrafnis onpersoonlik en bitter koud

0

“‘n COVID-19 begrafnis is onpersoonlik en bitter-koud”, sê Eduard Mostert van Mostert Begrafnisdienste.

Die begrafnis-dienste het twee persone onlangs ter ruste gelê wat weens COVID-19 verwante komplikasies gesterf het.

Beide die twee COVID-19 pasiënte het in die hospitaal gesterf; een in Kaapstad en die ander in Upington.

Streng regulasies moet gevolg word as dit kom by ‘n COVID-19 verwante sterfte en begrafnis.

Die liggaam word in twee tot drie liggaamsakke geplaas en daar moet saagsels onder wees.

Die EHP moet onder die kus wees en ‘n infeskie beheer brief moet die liggaam vergesel.

Die brief sê dat die persoon ‘n oordraagbare siekte het.

Die persone wat die liggaam hanteer  moet geklee wees in persoonlike beskermingstoerusting.

Die liggaamsakke moet gesaniteer word asook die voertuig waarin die kis vervoer word.

Voordat die motor binnegegaan word, moet die persone hulle persoonlike beskermde toerusting uittrek en nuwes aantrek.

“Die liggame van die ontslapenes word nie by Mostert se lykshuise gestoor nie, maar gaan direk na die staatslykshuise.”

Mostert het genoem dat dit jou menswees ruk en dat die koronavirus nie ‘n grap is nie.

“Terwyl hulle diè geliefde te ruste gelê het, kon die familie nie die begrafnis bywoon nie, omdat hulle in kwarantyn moes wees.”

Hy maak verder bekend dat terwyl jy by die oop graf staan moet jy die persoonlike beskermende toerusting aan het en jou hande moet gesaniteer wees.

“Daar mag geen tente wees nie, nie eens stoele nie.”

Wanneer hy verwys na onpersoonlik en koud, dan sê dit dat die hele familie nie die begrafnis mag bywoon nie, net die onmiddellike familie.

“Dis nie ‘n gewone begrafnis nie, waar daar nou net 50 mense mag wees, volgens reguslasies nie.”

Dit is ‘n totale inperking van mense.

Baie van die familielede is bang om die kus te dra, omdat daar gedurig hand ontsmettings middels gespuit word.

Daar is net ‘n handjie vol by die graf, om die sosiale distansïering te handhaaf.

“Om iemand te vat en daardie kus word toegewrap met plastiek en jy moet die persoonlike beskermende toerusting aanhet, en jy staan by ‘n geliefde se graf en dan word die graf toegegooi met sement, van 10cm in die dukte, dan kan die familie nader beweeg.

Dit is hartverskeurend en dan mag die ligggaam nie eens huistoe gaan nie.

Met albei sterf gevalle kon daar net by die huis verby gery word, waar die familie gestaan en kyk het, en hier kom die lykswa verby met hul geliefdes se oorskot.

Dit is ‘n realiteit en dit is asof mense dink dat ons sal dit nie kry nie en dat dit nie op hulle pad gaan kom nie.

Jy kan nie eens blommetjies op die kus gooi eers as daardie plate en die sement bo-oor is, mag die familie nader beweeg.”

Op die einde van die dag is dit ‘n duur storie met die persoonlike beskermende toerusting en die sanitering, dit word nie voorsien nie.

Ondernemers moet dit aankoop en dit moet ongelukkig van die families se polisse verhaal word.

Met die eerste begrafnis wat Mostert hanteer het, het die beampte daar weg gery en by die Here gepleit, dat dit nie met sy familie moet gebeur nie.

Daar is soeveel seer, soveel emosies en soveel vrae wat mens nie kan beantwoord nie.

“Na die tweede begrafnis het hy daardie middag net gesê dat hy wil huistoe gaan, hy wou niemand sien nie, want hy sien die mense se seer en hoor hulle noodkreet.

Jy staan heeltyd saam met hulle en bemoedig van jou kant af ook en dan pleit jy net by God; “Wees ons net genadig, O Heer!.”

“Jou siel word daardeur geraak, want dus met iemand se geliefde met wie jy werk.”

Leave A Reply

Your email address will not be published.