Covid-19 gevalle neem toe met 45 in die Namakwa-distrik
Die minister van Gesondheid, Dr Zweli Mkhize, het in die jongste verslagtydperk van 24-uur, aangekondig dat 45 nuwe Covid-19 gevalle in die Namakwa-distrik aangemeld is.
“Die 45 nuwe gevalle was geallokeer vir die Hantam-distrik met ‘n addionele 15, 3 vir Khai Ma, een vir die Kamiesberg plaaslike munisipaliteit en 26 nuwe gevalle in die Nama-Khoi regsgebied.”
Die totale Covid-19 gevalle vir die regsgebied is 781, maar 437 persone het alreeds van Covid-19 herstel.
8 Sterftes is bevestig, met een nuwe sterfte wat aangemeld was.
Dit laat die regsgebied met ‘n totaal van 336 aktiewe gevalle van Covid-19.
Die Namakwa distrik het tot op hede 1 235 gevalle van die virus bevestig, en 687 genesings.
11 Persone het hul stryd teen die virus verloor, wat diè distrik laat met 537 aktiewe Covid-19 gevalle.
Daar is 192 mense aangekondig wat positief getoets het vir COVID-19 in die Noord-Kaap, wat die totaal tot op 25 164 te staan bring, met 386 sterftes vir die provinsie.
Genesings staan op 22 303 en die provinsie het 2 473 aktiewe coronavirus gevalle.
In die jongste verslagperiode is daar 17 710 nuwe Covid-19 gevalle vir Suid Afrika bekend gemaak, wat die meeste nog in een verslagsiklus is.
Sedert Maart is die totale coronavirusinfeksies nou 1 039 161, met 465 sterfgevalle in die jongste verslag periode.
Die ramptoestand in die land duur nou reeds 280 dae.