‘COVID-19 g’n kinderspeletjie’

0

Die prentjie van die koronavirus in die Nama-Khoi plaaslike munisipaliteit word al hoe donker, volgens Dina Beukes , distrikhoof van die departement van gesondheid in die Namakwa-distrik.

“Dit wil voorkom asof Namakwalanders vergeet het dat COVID-19 nie kinderspeletjies is nie.”

Suid-Afrika berei hom tans voor vir die piek in infeksies.

“Die piek is nog nie bereik nie, maar daar word voorspel dat Suid-Afrika se provinsies op verskillende tye die piek kan bereik.”

Die Namakwa-distrik is een van die areas wat op ‘n latere stadium die piek sal bereik.

Diè munisipaliteit voorspel egter dat sy piek aan die einde van Oktober aan die begin van November toe, sal heers.

Volgens Beukes is dit redelik laat.

Sy het haar kommer uitgespreek, veral oor Springbok, waar die department die afgelope twee weke besig is om COVID-19 siftingstoetse uit te voer.

“Dit wil voorkom asof die gemeenskap besluit het dat hulle nou klaar is met COVID-19 en dat hulle nou kan doen net hulle wil.

Mense besef nie dat hulle mekaar kan aansteek nie.

Hulle kan moontlik hul lewens verloor en mense wat roekeloos optree kan ook ‘n bydraende faktor wees.

Net met die dra van ‘n lapmasker, beskerm jou alreeds 40% teen die virus.”

Die was van hande en die sanitering van hande, asook die oppervlaktes waarop mense werk en sosiale distansiëring kan mense tot 100% beskerming bied teen die koronavirus.

“Dus ‘n leefstyl wat ons moet aanleer en aan gewoond rak, vir die volgende drie jaar.”

As ‘n teenmiddel aan die einde van volgende jaar gekry word, sal dit lank neem vir die department van gesondheid en ander departmente, om weer te herstel en normaal te funksioneer.

Beukes noem dat dit nie belangrik is om die getalle van die dorpe deur te gee nie, maar dat die department besig is om die allokering af te handel.

“Die getalle is redelik en gealokkeer, behalwe die wat oor die naweek bevestig was.

Namakwa het baie punte waar toetsing gedoen word.

Daar is sewe laboratoriums in die Noord-Kaap waarvan die meeste se toetsingsproses twee tot drie dae duur, wat beteken dat uitslae binne 72-uur verkry kan word.

Die moontlikheid bestaan dat diè department binnekort sy eie COVID-19 toets-masjien sal kry.

Uitslae sal dan binne ‘n uur verkry kan word.

Leave A Reply

Your email address will not be published.