Covid-19 moenie gevrees word nie

0

Met die uitbreek van die COVID-19 pandemie in Suid Afrika, het dit soveel vrees gebring aan landsburgers.

Terwyl die getalle toegeneem het, het dit ‘n geruime tyd geneem voordat die eerste geval in die Namakwa-distrik aangemeld was.

Met verloop van tyd, was daar ’n daaglikse toename van die virus in diè distrik.

Die goeie nuus rondom die herstelkoers is, dat dit die 90%-kerf bereik het.

2 Timoteus 1 :7, Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing, dus een van die skrifgedeeltes wat Logan van Wyk in glo en dat God haar deur haar Covid reis gedra het.

Die skrif het haar laat besef dat mens nie hoef te vrees vir die virus nie.

Logan van Wyk is ‘n spontane, vriendelike dogter en is passievol en pak uitdagings met haar voltroue in die Here.

Sy is behulpsaam en is baie lief vir die Here en beskou Hom as haar staatmaker.

Van Wyk, wat woonagtig is op Concordia, se gesig helder op en haar oë glinster wanneer sy praat oor hoe God haar gedra het.

Sy was een van die persone wat dit die minste verwag het om die virus op te doen en tog weet sy nie waar sy dit opgedoen het nie, want sy werk elke dag met baie mense.

Sy glo in haar hart dat háár genesing van COVID-19, ‘n leser hoop sal gee, wat dalk in dieselfde geval sit, hopeloos is en wat dalk nie so sterk is nie.

Sy het haar laat toets vir COVID-19, nadat sy griep-simptome getoon het, maar nie regtig ag daarop geslaan het nie.

Van Wyk was by die hospitaal getoets, nadat sy meer as een simptoom gehad het en het dieselfde aand haar uitslae ontvang.

Diè het bevestig dat sy positief getoets het vir die virus en sy was nie gelukkig oor die uitslag nie.

Daar het so baie dinge deur haar gedagtes gegaan, veral wanneer daar in die media gelees word van die toename in die COVID-19 gevalle asook die sterftesyfer.

“Jou fokus is dan glad en al nie op die herstelkoers nie en jy is meestal bekommerd oor die getalle wat bly styg.

In haar agterkop het sy baie vrae gevra, terwyl sy in isolsasie was.

“Vrae soos ‘waarom’, ‘hoekom laat die Here dit toe’, dat so iets op haar pad moes kom en wat die doel daarvan was.”

Tòg glo sy persoonlik dat alles met ‘n doel gebeur, of jy leer ‘n les daaruit of ontvang iets goeds daaruit.

Sy noem dat COVID-19 nie ‘n doodsvonnis is nie.

Haar grootste bekommernis terwyl sy in isolasie was, dat sy haar familie en haar kollegas sou aansteek met die virus en dit het haar ongelukkig laat voel.

Almal wat in kontak met haar was, was negatief getoets.

Tydens haar isolasietydperk, het sy baie bemoedigende boodskappe ontvang en haar foon kon nie ophou lui nie.

Van Wyk is tans uit isolasie en het begin om te werk.

Sy noem dat sy uitsien na die toekoms.

Vir haar is dit ‘n heel nuwe begin.

“God maak heel, gesond en herstel.”

Leave A Reply

Your email address will not be published.