Covid-19 probleem areas uitgewis in Nama-Khoi plaaslike munisipaliteit

0

“Springbok, Okiep, Matjieskloof en Nababeep word beskou as probleem areas.”

Dit is wat Dina Beukes, distrikhoof van die department van gesondheid in die Namakwa-streek, oor die jongste COVID-19 gevalle in diè distrik bevestig het.

Die departement is bekommerd oor die Nama-Khoi plaaslike munisipaliteitsdistrik, nadat die hoogste aantal gevalle ooit, oor die naweek bevestig was.

“Dit wil voorkom asof die gemeenskap in Nama-Khoi nie besef dat COVID-19 juis meer vatbaar is by die mees kwesbaartse.

As daar nie versigtig opgetree word nie, word die kwesbares in gevaar gestel.”

Die Gesondheidsdepartement skryf dit toe aan die negatiewe houding en arrogansie van gemeeskapslede.

Die department het met ander vennote ingesprek getree; onder andere die myne, windplase, en ander rolspelers wat na die tafel gekom het en hulle probeer werklik hul bes om saam te veg teen die verspreiding van die virus.

Beukes het bekend gemaak dat Namakwa nog nie sy piek bereik het nie, maar is wel besig om die piek in te gaan.

Sy het verder genoem dat Nama-Khoi op min of meer 275 getalle staan, waarvan 46 oor die naweek in Springbok  aangeteken is.

Kamiesberg het oor die naweek nog ‘n geval aangeteken, wat die totaal op twee te staan bring.

Die Khai-Ma area het 26 gevalle, Hantam 54,  Karoo-Hoogland 6 en die  26.

Daar word verneem dat persone wat in noue kontak met COVID-19 pasiente was, nie in self kwarantyn gaan nie en rondbeweeg asof hulle nie mense kan aansteek nie.

Elke Vrydag is daar ‘n siftings proses aan die gang in Springbok, asook privaat konsultasies.

Bewusmaking vind plaas om mense bewus te maak dat die korononavirus ‘n werklikheid is.

Tog word daar gevra dat die gemeenskappe verantwoordelik moet optree om nie die virus verder te versprei nie.

“Laat ons mekaar vermaan om by die COVID-19 veiligheidsmaatreëls te hou.

Die minister van Gesondheid, dr. Zweli Mkhize het gister 47 nuwe COVID-19 gevalle vir die Namakwa Distrik aangemeld.

“Een vir Kamiesberg en 46 vir die Nama-Khoi plaaslike munisipaliteit.”

Die totaal coronavirus gevalle in diè distrik is 265, 146 is genees van die virus, 3 sterftes met 116 aktiewe Covid-19 gevalle.

Die bevestigde COVID-19 gevalle in die Noord-Kaap is 9 322, met 6 106 persone wat genees is

Daar was tot op hede 106 sterftes, wat die provinsie met 3 108 aktiewe gevalle laat.

Leave A Reply

Your email address will not be published.